Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 102:1-18 Bybel vir Almal (ABA)

1. ’n Gebed vir iemand wat swaarkry, wanneer hy swak voel en by die Here wil kla.

2. Here, U moet na my gebed luister,U moet hoor hoe ek roep en vradat U my moet help.

3. Dit gaan sleg met my,U moenie maak of U dit nie sien nie.U moet luister wanneer ek tot U bid,U moet my gou antwoord.

4. Want my dae gaan verby soos rook,my liggaam brand soos vuur.

5. Ek voel soos gras wat droog geword hetnadat iemand dit plat getrap het,want ek is nie meer lus om te eet nie.

6. Ek hou aan om te kla van die pyn,ek is baie maer, net vel en been.

7. Ek is soos ’n pelikaan in die woestyn,ek het geword soos ’n uil tussen hope klippe.

8. Ek kan nie slaap nie,ek is soos ’n voël wat alleen op ’n dak sit.

9. My vyande spot my die hele dag,die mense wat my beledig, sê my naamwanneer hulle ander mense wil vervloek,

10. want ek eet as, dit is my kos,en alles wat ek drink, is vol van my trane.

11. Dit is omdat U so kwaad is vir my.U het my opgetel en weggegooi.

12. My lewe is amper verby,dit is soos wanneer die skaduwee in die aandlank word en verdwyn.Ek is soos gras wat droog geword het.

13. Maar, Here, U is altyd Koning,elke geslag ken u Naam.

14. U sal kom en jammer wees vir Sion,want die tyd het gekomdat U goed moet wees vir Sion.Ja, dit is nou die tyd.

15. Sion is nou net hope klippe en stof,maar ons, u dienaars, is lief en jammer vir die stad.

16. Die volke sal bang wordwanneer hulle die Naam van die Here hoor.Al die konings op die aarde sal bang wordwanneer hulle sien dat U Koning is.

17. Ja, die Here bou weer die mure van Sion,Hy wys vir almal dat Hy Koning is.

18. Hy hoor die gebede van die mense wat niks het nie,hulle gebede is vir Hom belangrik.

Lees volledige hoofstuk Psalms 102