Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 10:11-17 Bybel vir Almal (ABA)

11. Hy dink God het daardie mense vergeet,hy dink God kyk weg en sien nooit wat gebeur nie.

12. Here, U moet nou iets doen,o God, U moet u hand uitsteek en help,U moenie die mense vergeetwat hulleself nie kan beskerm nie.

13. Hoekom dink die mens wat verkeerd doendat God nie belangrik is nie?Hoekom dink hy God sal hom nie straf nie?

14. U sien hoe mense swaarkry en seerkry,U sien dit en U sal iets doen.Die mens wat homself nie kan help nie, die weeskind,glo dat U hom sal help, en U sál dit doen.

15. U moet die mens swak maak wat verkeerd doen,U moet die krag van die slegte mens breek.U moet hom straf oor alles wat hy verkeerd doen,hy moet nooit weer verkeerd doen nie.

16. Die Here is Koning vir altyd,die ander volke is weg uit sy land.

17. Here, U het gehoor wat die mense wil hê,die mense wat hulleself nie kan beskerm nie.U laat hulle weer sterk word, U luister na hulle.

Lees volledige hoofstuk Psalms 10