Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 10:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Here, hoekom is U so ver weg van my?Hoekom is U nie hier wanneer dit sleg gaan nie?

2. Die mens wat verkeerd doen,jaag die mens wat homself nie kan help nieen wil hom vang.U moet die mens wat verkeerd doen, laat vang,die planne wat hy self gemaak het,moet hom vang.

3. Want die mens wat verkeerd doen,dink hy kan alles kry wat hy wil hê,hy wil ryk word van ander mense se goed.Hy praat sleg oor die Hereen hy sê die Here is nie belangrik nie.

4. Die mens wat verkeerd doen,is hoogmoedig,hy vra nie wat die Here wil hê nie.Hy maak planne, maar hy dink nie aan God nie.

5. Dit gaan altyd goed met hom,hy dink U is te ver om hom te oordeel,hy dink die mense wat teen hom is, beteken niks.

6. Hy dink hy sal nie val nie,hy dink dit sal nooit sleg gaan met hom nie.

7. Hy hou aan om mense te vervloeken te bedrieg en te verdruk.Hy maak altyd planne om mense te laat swaarkry,mense wat niks verkeerd gedoen het nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 10