Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 1:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Dit gaan goed met ’n menswat nie luister na mense wat verkeerd doen nie,wat nie doen wat sondaars doen nie,en wat nie saam spot wanneer mense sit en spot nie.

2. Dit gaan goed met ’n mens wat lief isvir wat die Here sê,’n mens wat elke dag en nag dink aan wat die Here sê.

3. So ’n mens sal wees soos ’n boomwat langs ’n waterstroom groei,’n boom wat vrugte dra op die regte tyd,en wat blare het wat altyd groen is.Dit gaan goed met alles wat hy doen.

4. Maar dit gaan nie so met mensewat verkeerd doen nie.Mense wat verkeerd doen, is soos kaf,die wind waai hulle weg.

5. Daarom sal die mense wat verkeerd doen,die sondaars,nie kan kom by die Here,die Regter, nie,daar waar mense wat reg doen, bymekaar is.

6. Ja, die Here gaan saamop die pad van die mense wat reg doen,maar die pad van die mense wat verkeerd doen,bring hulle by die dood.

Lees volledige hoofstuk Psalms 1