Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 7:9-14 Bybel vir Almal (ABA)

9. Jy moenie gou kwaad word oor dinge wat gebeur nie, want dit is dwase wat gou kwaad word.

10. Jy moenie vra hoekom alles voorheen beter was as nou nie, want wanneer jy dit vra, dan het jy nie wysheid nie.

11. Wanneer jy wysheid het, dan is dit so goed soos wanneer jy iets erf, dit help baie vir ’n mens wat lewe,

12. want wysheid beskerm jou soos geld jou beskerm. Wanneer iemand weet hoe om te lewe, dan gee wysheid vir hom ’n lang lewe.

13. Jy moet goed kyk hoe God dinge gemaak het, want as Hy iets krom gemaak het, dan kan niemand dit reguit maak nie.

14. Wanneer dit goed gaan, dan moet jy dit geniet, en wanneer dit sleg gaan, dan moet jy onthou: God het die goeie én die slegte dinge laat gebeur, sodat ’n mens nie sal weet wat later sal gebeur nie.

Lees volledige hoofstuk Prediker 7