Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 7:16-24 Bybel vir Almal (ABA)

16. Jy moenie probeer om te baie regverdig te wees nie en jy moenie te veel wys dat jy wysheid het nie. Jy sal kwaad en ontsteld word oor die dinge wat met jou gebeur.

17. Jy moenie aanhou om verkeerde dinge te doen nie en jy moenie aanhou om dwaas te wees nie, jy sal sterf voordat dit jou tyd is om te sterf.

18. Dit is goed om nie te probeer om te baie regverdig te wees nie en om nie aan te hou om verkeerde dinge te doen nie. Ja, wanneer jy vir God respekteer en Hom dien, dan sal jy weet wat om te doen.

19. Wysheid gee vir wyse mense meer krag as vir tien regeerders in die stad.

20. Niemand op die aarde is so regverdig dat hy net goed doen en nooit sonde doen nie.

21. Jy moenie luister na alles wat mense sê nie, dan sal jy nie hoor wanneer jou slaaf jou vervloek nie,

22. want jy weet dat jy self baie maal ander mense vervloek het.

23. Ek het wysheid gebruik en ek het al die dinge getoets. Ek het gesê ek wil wysheid hê, maar die wysheid het ver weg van my gebly.

24. Die wysheid is ver weg en baie diep, niemand kan dit kry nie.

Lees volledige hoofstuk Prediker 7