Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 7:12-16 Bybel vir Almal (ABA)

12. want wysheid beskerm jou soos geld jou beskerm. Wanneer iemand weet hoe om te lewe, dan gee wysheid vir hom ’n lang lewe.

13. Jy moet goed kyk hoe God dinge gemaak het, want as Hy iets krom gemaak het, dan kan niemand dit reguit maak nie.

14. Wanneer dit goed gaan, dan moet jy dit geniet, en wanneer dit sleg gaan, dan moet jy onthou: God het die goeie én die slegte dinge laat gebeur, sodat ’n mens nie sal weet wat later sal gebeur nie.

15. My lewe beteken niks, maar ek het alles gesien. Ek het gesien dat ’n persoon reg lewe en dat hy sterf terwyl hy reg lewe, en ek het gesien dat iemand verkeerd doen, maar dat hy lank lewe terwyl hy slegte dinge doen.

16. Jy moenie probeer om te baie regverdig te wees nie en jy moenie te veel wys dat jy wysheid het nie. Jy sal kwaad en ontsteld word oor die dinge wat met jou gebeur.

Lees volledige hoofstuk Prediker 7