Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 7:1-11 Bybel vir Almal (ABA)

1. Dit is goed om lekkerruik-olie te gebruik,maar dit is beter wanneer mense jou respekteer.Die dag toe jy gebore is, was ’n goeie dag,maar die dag wanneer jy sal sterf, sal ’n beter dag wees.

2. Dit is goed om na ’n huis te gaan waar die mense feesvier,maar dit is beter om na ’n huis te gaan waar die mense rou.Want al die mense moet sterf,en die mense wat lewe, moet dit onthou.

3. Dit is goed om te lag,maar dit is beter om hartseer te wees,want wanneer jou gesig wys dat jy swaarkry,dan wys dit dat jy goed dink.

4. Wyse mense wil in ’n huis wees waar die mense rou, dwase wil in ’n huis wees waar die mense feesvier.

5. Dit is beter om te luister wanneer ’n wyse mens met jou raasas om te luister wanneer dwase sing,

6. want wanneer ’n dwaas lag, dan raas ditsoos doringtakkies in die vuur onder ’n pot.Dit is ook nie reg nie.

7. Maar die persoon wat wysheid het, word ook ’n dwaas wanneer iemand hom afpers, en wanneer iemand ’n present kry sodat hy iets moet doen wat verkeerd is, dan hou hy op om verstandig te wees.

8. Dit is beter om op te hou praat as om te begin praat, dit is beter om geduldig te wees as om hoogmoedig te wees.

9. Jy moenie gou kwaad word oor dinge wat gebeur nie, want dit is dwase wat gou kwaad word.

10. Jy moenie vra hoekom alles voorheen beter was as nou nie, want wanneer jy dit vra, dan het jy nie wysheid nie.

11. Wanneer jy wysheid het, dan is dit so goed soos wanneer jy iets erf, dit help baie vir ’n mens wat lewe,

Lees volledige hoofstuk Prediker 7