Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 3:14-22 Bybel vir Almal (ABA)

14. Ek weet nou dat alles wat God gemaak het, altyd daar sal wees. ’n Mens kan niks meer daarby sit nie en jy kan niks daarvan wegneem nie. God het dit so gedoen sodat almal Hom moet respekteer.

15. Die dinge wat nou daar is, was voorheen ook daar, en die dinge wat later sal gebeur, is nou ook daar. God laat die dinge wat verby is, weer gebeur.

16. Ek het ook in hierdie wêreld gesien dat mense verkeerd doen wanneer hulle reg moet doen en regverdig moet wees.

17. Ek het gedink God sal die persoon oordeel wat reg lewe en Hy sal ook die persoon oordeel wat verkeerd doen. Hy sal altwee oordeel, want Hy het besluit dat daar vir elke ding ’n regte tyd is om te gebeur en ’n regte tyd om dit te doen.

18. Ek het gedink dat God die mense wil toets en vir hulle wil wys dat hulle soos diere is.

19. Want dieselfde dinge gebeur met mense en met diere, mense sterf soos diere sterf. Almal moet asemhaal. Die mense is nie anders as die diere nie, want niks is soos dit moet wees nie.

20. Almal sterf en gaan na dieselfde plek, alles is stof en alles word weer stof.

21. Wie weet of mense se asem boontoe gaan en of diere se asem afgaan in die aarde? Niemand.

22. Ek het gesien dit is die beste vir ’n mens dat hy sy werk moet geniet, dit is sy beloning. Wie kan vir ’n mens wys wat ná hom sal gebeur?

Lees volledige hoofstuk Prediker 3