Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 3:1-16 Bybel vir Almal (ABA)

1. Daar is ’n regte tyd vir alles,elke ding in hierdie wêreld gebeur op die regte tyd.

2. Daar is ’n tyd om gebore te word en ’n tyd om te sterf,’n tyd om te plant en ’n tyd om plante uit te trek.

3. Daar is ’n tyd om dood te maak en ’n tydom gesond te maak,’n tyd om af te breek en ’n tyd om te bou.

4. Daar is ’n tyd om te huil en ’n tyd om te lag,’n tyd om te rou en ’n tyd om te dans.

5. Daar is ’n tyd om klippe weg te gooien ’n tyd om klippe bymekaar te maak,’n tyd om iemand te druk en te omhelsen ’n tyd om iemand nie te omhels nie.

6. Daar is ’n tyd om te soek en ’n tydom iets te laat wegraak,’n tyd om iets op te pas en ’n tyd om dit weg te gooi.

7. Daar is ’n tyd om te skeur en ’n tyd om vas te werk,’n tyd om stil te bly en ’n tyd om te praat.

8. Daar is ’n tyd om lief te wees en ’n tyd om te haat,’n tyd om oorlog te maak en ’n tyd om vrede te maak.

9. Wat help dit vir ’n mens dat hy hard gewerk het? Niks.

10. Ek het gesien dat God vir die mense werk gegee het om te doen.

11. God het alles mooi gemaak toe Hy dit gemaak het. Hy het vir die mense geleer dat daar altyd tyd sal wees, maar die mense kan nie verstaan wat God alles gedoen het nie, van die begin tot die einde.

12. Ek weet nou dat dit die beste vir ’n mens is om vrolik te wees en die lewe te geniet terwyl hy lewe.

13. Mense kan eet en drink en die lewe geniet nadat hulle hard gewerk het, ek weet dat dít ’n present is wat God vir mense gee.

14. Ek weet nou dat alles wat God gemaak het, altyd daar sal wees. ’n Mens kan niks meer daarby sit nie en jy kan niks daarvan wegneem nie. God het dit so gedoen sodat almal Hom moet respekteer.

15. Die dinge wat nou daar is, was voorheen ook daar, en die dinge wat later sal gebeur, is nou ook daar. God laat die dinge wat verby is, weer gebeur.

16. Ek het ook in hierdie wêreld gesien dat mense verkeerd doen wanneer hulle reg moet doen en regverdig moet wees.

Lees volledige hoofstuk Prediker 3