Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 9:8-15 Bybel vir Almal (ABA)

8. Moses het vir hulle gesê: “Bly staan hier, dan sal ek hoor wat sê die Here oor julle.”

9. Die Here het vir Moses gesê:

10. “Jy moet vir die Israeliete sê: Wanneer een van julle of van julle nageslag onrein geword het omdat hy aan ’n lyk geraak het of omdat hy weggegaan het na ver plekke, dan moet hy die Paasfees vir My vier

11. in die tweede maand, op die veertiende dag, wanneer dit begin donker word. Hulle moet die paaslam eet saam met ongesuurde brood en bitter kruie.

12. Hulle moet niks daarvan laat oorbly tot die volgende dag nie en hulle moenie die bene van die lam breek nie. Hulle moet die fees vier soos Ek vir hulle gesê het.

13. Maar wanneer iemand rein is en hy is nie ver weg van sy huis nie, en hy vier nie die Paasfees nie, dan moet julle hom afsny van my volk. Hy het nie die offer vir My gegee op die regte tyd nie, en hy moet die straf kry vir sy sonde.

14. Wanneer ’n vreemdeling by julle woon en hy vier die Paasfees vir My, dan moet Hy dit doen soos Ek gesê het en soos Ek besluit het. Hy moet dit so doen, want die Israeliete en ook die vreemdelinge moet doen wat Ek sê.”

15. Toe Moses die tempel-tent opgeslaan het, het ’n wolk die tempel-tent toegemaak, die tent waarin die tien gebooie was. Die wolk was van die aand tot die oggend oor die tempel-tent, dit het gelyk soos vuur.

Lees volledige hoofstuk Numeri 9