Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 4:33-43 Bybel vir Almal (ABA)

33. Dit is die werk van die Merari-familie met die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Itamar seun van die priester Aäron moet kyk dat hulle die werk doen.”

34. Moses en Aäron en die leiers van die volksvergadering het die Kehat-familie getel en hulle het opgeskryf van wie se nageslag elkeen is en aan watter familie hy behoort.

35. Hulle het almal getel wat tussen 30 en 50 jaar oud was, en hulle het opgeskryf van wie se nageslag elkeen is en aan watter familie hy behoort.

36. Die Kehat-familie was almal saam 2 750.

37. Dit is die hele nageslag van Kehat wat gewerk het met die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het. Die Here het vir Moses gesê hy en Aäron en die leiers moet die Kehat-familie tel, en hulle het dit gedoen.

38. Moses en Aäron het ook die Gerson-familie getel. Hulle het opgeskryf van wie se nageslag elkeen is en aan watter familie hy behoort.

39. Hulle het almal getel wat tussen 30 en 50 jaar oud is, almal wat die werk kon doen met die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het.

40. Die Gerson-familie was almal saam 2 630.

41. Dit is die hele nageslag van Gerson wat gewerk het by die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het. Die Here het vir Moses gesê hy en Aäron en die leiers moet die Gerson-familie tel, en hulle het dit gedoen.

42. Moses en Aäron het ook die Merari-familie getel. Hulle het opgeskryf van wie se nageslag elkeen is en aan watter familie hy behoort.

43. Hulle het almal getel wat tussen 30 en 50 jaar oud is, almal wat die werk kon doen met die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het.

Lees volledige hoofstuk Numeri 4