Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 30:7-16 Bybel vir Almal (ABA)

7. en haar man hoor dit maar hy sê niks, dan moet sy doen wat sy belowe het.

8. Maar as haar man hoor wat sy belowe, en dadelik vir haar sê sy mag dit nie doen nie, dan stop hy die gelofte wat sy gemaak het en dan keer hy dat sy doen wat sy belowe het voordat sy goed gedink het. Die Here sal haar vergewe.

9. “Maar ’n weduwee of ’n geskeide vrou moet doen wat sy belowe het.

10. “Wanneer ’n getroude vrou ’n gelofte gemaak het of iets belowe het en gesê het die Here is die getuie,

11. en haar man hoor dit en hy bly stil en hy sê nie sy mag dit nie doen nie, dan moet sy alles doen wat sy belowe het.

12. Maar as haar man hoor wat sy belowe, en hy stop dadelik die belofte wat sy gemaak het, dan moet sy nie doen wat sy belowe het nie. Haar man het gesê sy moenie dit doen nie, en die Here sal haar vergewe.

13. Haar man mag elke gelofte wat sy gemaak het en alles wat sy belowe het, so laat bly, of hy mag dit stop.

14. Maar as haar man hoor wat sy belowe en hy sê niks daaroor voor die volgende dag nie, dan laat hy alles wat sy belowe het, so bly. Hy het niks gesê toe hy dit gehoor het nie, hy het die gelofte so laat bly.

15. Maar as hy die geloftes breek lank nadat hy daarvan gehoor het, dan is hý skuldig omdat sy vrou nie doen wat sy belowe het nie.”

16. Dit is wat die Here vir Moses gesê het, dit is die wette vir ’n vrou wat getroud is of wanneer sy nog jonk is en by haar pa woon.

Lees volledige hoofstuk Numeri 30