Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 27:5-14 Bybel vir Almal (ABA)

5. Moses het vir die Here gevra of die dogters reg is,

6. en die Here het vir hom gesê:

7. “Die dogters van Selofgad praat reg. Jy moet vir elkeen haar eie grond gee tussen haar pa se broers, jy moet dit doen. Jy moet vir hulle die grond gee wat hulle pa sou gekry het.

8. “En jy moet vir die Israeliete sê:“Wanneer ’n man sterf en hy het nie ’n seun nie, dan moet julle sy grond vir sy dogter gee.

9. As hy ook nie ’n dogter het nie, dan moet julle sy grond vir sy broers gee.

10. As hy ook nie broers het nie, dan moet julle sy grond vir sy pa se broers gee.

11. En as sy pa nie broers gehad het nie, dan moet julle sy grond gee vir die persoon wat sy naaste familie is, sodat dit daardie persoon se grond sal wees.“Dit is wat die Israeliete altyd moet doen.”Die Here het dit vir Moses gesê.

12. Die Here het vir Moses gesê: “Jy moet op die Abarim-berg klim en na die land kyk wat Ek vir die Israeliete gegee het.

13. Wanneer jy klaar gekyk het, dan sal jy sterf soos jou broer Aäron gesterf het

14. omdat julle teen My opstandig was in die Sin-woestyn. Toe die volk My beskuldig het, het julle nie met die water vir hulle gewys dat Ek die heilige God is nie.”Dit het gebeur by die Meriba-water, by die stad Kades in die Sin-woestyn.

Lees volledige hoofstuk Numeri 27