Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 24:6-11 Bybel vir Almal (ABA)

6. Hulle lyk soos lang valleie,soos tuine langs ’n rivier,soos aalwyne wat die Heregeplant het,soos sederbome langs die water.

7. Die Israeliete se waterkruikeloop oor,hulle saai koring by baie water.Hulle koning is sterkeras koning Agag,en hulle land word altyd groter.

8. God het hulle uit Egipte gebring,Hy is vir hulle soos die horingsvan ’n oer-os.Hulle sal die volke oorwinwat hulle vyande is,hulle sal die vyandese bene breeken hulle sal die vyandemet pyl en boog skiet.

9. Die Israeliete is soos ’n leeu.Wie sal ’n leeu opjaagas hy gaan lê het?Israeliete, die Here seëndie mense wat vir julle seën,en Hy vervloek die mensewat vir julle vervloek.”

10. Balak was baie kwaad vir Bileam. Hy het sy hande teen mekaar geslaan en hy het vir Bileam gesê: “Ek het jou laat roep om my vyande te vervloek, maar jy het hulle nou drie maal geseën.

11. Nou moet jy loop, terug na jou plek. Ek het gesê ek sal jou baie ryk maak, maar die Here het dit gekeer, jy sal nie ryk word nie.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 24