Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 24:20-25 Bybel vir Almal (ABA)

20. Toe kyk Bileam na die Amalekiete, en hy begin weer praat en hy sê:“Die Amalekiete wasdie belangrikste volk,maar eendag sal hullevir altyd verdwyn.”

21. Toe kyk hy na die Keniete, en hy begin praat en hy sê:“Julle het ’n plek waar jullealtyd woon,julle woon op ’n rots,

22. maar wanneer die Assiriërsjulle vang en wegvat,dan sal hulle die woonplekvan Kajin verbrand.”

23. Bileam het weer begin praat. Hy het gesê:“Wie sal kan lewe wanneer Godal hierdie dinge laat gebeur?Niemand.Dit sal sleg gaan met julle.

24. Daar sal skepevan die Kittiërs kom,en hulle sal die Assiriërsen die Hebreërs oorwin,maar die skepe sal self sinkvir altyd.”

25. Daarna het Bileam gereedgemaak en hy het teruggegaan na sy plek, en Balak het ook huis toe gegaan.

Lees volledige hoofstuk Numeri 24