Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 24:12-19 Bybel vir Almal (ABA)

12. Bileam het vir Balak gesê: “Jy het jou boodskappers na my toe gestuur. Ek het vir hulle gesê:

13. ‘Ek moet altyd doen wat die Here vir my sê, ook as Balak vir my sy huis vol silwer en goud gee. Ek kan niks self besluit nie, nie goed of sleg nie. Ek sal net sê wat die Here vir my sê.’

14. Nou gaan ek terug na my mense toe. Maar ek sal nou vir jou sê wat hierdie volk eendag aan jou volk sal doen.”

15. Bileam het toe begin praat en gesê:“Dit is Bileam seun van Beorwat praat,God wys vir my dinge.

16. Ek is ’n man wat gehoor hetwat God vir my sê,wat weet wat die Hoogste Godvir my leer,wat sien wat die Almagtigevir my wys.Wanneer ek gaan lê en ek bid,dan wys God vir my dinge.

17. Ek sien iemand kom,maar nie nou nie,Ek sien hom, maar hy is nienaby nie.Daar sal ’n ster uit die volkIsrael kom,’n koning sal uitdie Israeliete kom,en hy sal trap op die grensevan die land Moab,hy sal die nageslagvan Set verwoes.

18. Die Israeliete sal die land Edomvir hulleself vat,die land Seïr sal behoortaan die vyande van die land.Maar Israel sal ’n sterkvolk wees.

19. Iemand van die nageslagvan Jakob sal regeer,en hy sal die mense doodmaakwat wegvlug uit die stad Ir.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 24