Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 24:10-15 Bybel vir Almal (ABA)

10. Balak was baie kwaad vir Bileam. Hy het sy hande teen mekaar geslaan en hy het vir Bileam gesê: “Ek het jou laat roep om my vyande te vervloek, maar jy het hulle nou drie maal geseën.

11. Nou moet jy loop, terug na jou plek. Ek het gesê ek sal jou baie ryk maak, maar die Here het dit gekeer, jy sal nie ryk word nie.”

12. Bileam het vir Balak gesê: “Jy het jou boodskappers na my toe gestuur. Ek het vir hulle gesê:

13. ‘Ek moet altyd doen wat die Here vir my sê, ook as Balak vir my sy huis vol silwer en goud gee. Ek kan niks self besluit nie, nie goed of sleg nie. Ek sal net sê wat die Here vir my sê.’

14. Nou gaan ek terug na my mense toe. Maar ek sal nou vir jou sê wat hierdie volk eendag aan jou volk sal doen.”

15. Bileam het toe begin praat en gesê:“Dit is Bileam seun van Beorwat praat,God wys vir my dinge.

Lees volledige hoofstuk Numeri 24