Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 24:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Bileam het nou geweet dat die Here wil hê hy moet die Israeliete seën, en hy het nie soos voorheen gesoek na ’n teken nie. Hy het na die woestyn gekyk

2. en toe hy sien dat elke stam van Israel op sy eie plek langs die ander stamme woon, het die Gees van God in hom gekom

3. en hy het begin praat. Hy het gesê:“Dit is Bileam seun van Beorwat praat,God wys vir my dinge.

4. Ek is ’n man wat hoorwat God vir my sê,en wat sien wat die Almagtigevir my wys.Wanneer ek gaan lê en ek bid,dan wys God vir my dinge.

5. Israeliete, julle tenteis baie mooi,julle woonplekke is mooi.

6. Hulle lyk soos lang valleie,soos tuine langs ’n rivier,soos aalwyne wat die Heregeplant het,soos sederbome langs die water.

Lees volledige hoofstuk Numeri 24