Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 23:22-30 Bybel vir Almal (ABA)

22. God, wat hulle uit Egiptegebring het,is vir hulle soos die horingsvan ’n oer-os.

23. Ja, niemand kan die Israeliete toor nie,niemand kan sê wat met hullemoet gebeur nie.Mense sal nouvan die Israeliete sê:‘Kyk wat het God gedoen!’

24. Hier is ’n volk wat opstaansoos ’n leeu,wat gereedstaan soos ’n leeu,wat nie gaan lê voordat hy ietsgevang en geëet het nie,hy gaan lê nie voordat hydie bloed gedrink hetvan die diere wat hygevang het nie.”

25. Balak het vir Bileam gesê: “As jy hulle nie kan vervloek nie, dan moet jy hulle ook nie seën nie.”

26. Bileam het geantwoord en vir Balak gesê: “Ek het vir jou gesê dat ek alles sal doen wat die Here vir my sê.”

27. Balak het toe vir Bileam gesê: “Kom asseblief, ek neem jou na ’n ander plek. Miskien sal God tevrede wees as jy hulle vir my vervloek” van daardie plek af.

28. Balak neem toe vir Bileam tot bo-op Peor-berg. Van daardie berg kan ’n mens die droëveld sien.

29. Bileam het vir hom gesê: “Bou vir my hier sewe altare en maak sewe bulle en sewe skaap-ramme gereed om te offer.”

30. Balak het gedoen wat Bileam vir hom gesê het, en hy het op elke altaar ’n bul en ’n skaap-ram ge-offer.

Lees volledige hoofstuk Numeri 23