Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 15:27-32 Bybel vir Almal (ABA)

27. “Wanneer een persoon ’n fout maak, dan moet hy ’n jaaroud bok-ooi gee om ’n sonde-offer te wees.

28. Die priester doen dan versoening vir die persoon wat die fout gemaak het. Die persoon het ’n fout gemaak en hy het sonde gedoen teen My, en die priester moet versoening doen vir hom, sodat Ek hom kan vergewe.

29. Daar moet dieselfde wet wees vir Israeliete en vir die vreemdelinge wat by hulle woon, dit moet dieselfde wet wees vir al die mense wat foute maak.”

30. Die Here het ook gesê: “Maar wanneer ’n Israeliet of ’n vreemdeling ’n fout maak, en hy weet dat hy verkeerd doen, maar hy doen dit, dan wys hy dat Ek nie vir hom belangrik is nie, en dan moet julle hom afsny van die volk.

31. Hy het gewys dat die dinge wat Ek sê, nie vir hom belangrik is nie, hy het nie gedoen wat Ek gesê het nie, en julle moet hom afsny, dit is sy eie skuld.”

32. Toe die Israeliete in die woestyn was, het hulle op die Sabbatdag iemand gekry wat hout bymekaarmaak.

Lees volledige hoofstuk Numeri 15