Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 15:21-29 Bybel vir Almal (ABA)

21. Julle en julle nageslag moet altyd vir My ’n offer gee van die eerste deeg wat julle knie.”

22. Die Here het ook vir Moses gesê: “Wat moet julle doen wanneer julle ’n fout maak en julle doen nie alles wat Ek vir Moses gesê het nie?

23. Ek het vir Moses gesê om alles vir julle te sê, en dit bly waar van die dag toe Ek dit gesê het tot die tyd van julle nageslag.

24. Wanneer julle ’n fout gemaak het, maar die volksvergadering het nie geweet dat dit ’n fout is nie, dan moet die hele vergadering ’n bul gee om ’n brand-offer te wees wat vir My lekker ruik. Hulle moet dit gee saam met die koring-offer en die drank-offer wat hulle saam met die brand-offer moet bring, en ook ’n bok-ram om ’n sonde-offer te wees.

25. Die priester doen dan versoening vir die hele vergadering van die Israeliete, en Ek sal hulle vergewe, want dit was ’n fout, maar hulle het hulle offers gegee, die vuur-offer vir My, en ook die sonde-offer vir die fout wat hulle gemaak het.

26. Ek sal die hele vergadering van die Israeliete vergewe en ook die vreemdelinge wat tussen hulle woon, want dit is al die mense van die volk wat die fout gemaak het.

27. “Wanneer een persoon ’n fout maak, dan moet hy ’n jaaroud bok-ooi gee om ’n sonde-offer te wees.

28. Die priester doen dan versoening vir die persoon wat die fout gemaak het. Die persoon het ’n fout gemaak en hy het sonde gedoen teen My, en die priester moet versoening doen vir hom, sodat Ek hom kan vergewe.

29. Daar moet dieselfde wet wees vir Israeliete en vir die vreemdelinge wat by hulle woon, dit moet dieselfde wet wees vir al die mense wat foute maak.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 15