Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 11:30-35 Bybel vir Almal (ABA)

30. Moses en die leiers van Israel het toe teruggegaan na die kamp.

31. Die Here het toe ’n wind gestuur, en die wind het van die see af kwartels gebring en by die kamp laat val. Die kwartels het omtrent twee el diep op die grond gelê, omtrent so ver soos ’n mens in een dag kan loop langs al die kante van die kamp.

32. Die mense het begin en hulle het daardie hele dag en die hele nag en die hele dag daarna kwartels bymekaargemaak. Die minste wat een persoon bymekaargemaak het, was tien gomer. Hulle het die kwartels rondom die kamp gegooi om droog te word.

33. Die mense het begin eet, maar hulle het nog nie die vleis in hulle monde begin kou nie, toe laat die Here baie van hulle sterf, want Hy was kwaad vir hulle.

34. Hulle het die mense daar begrawe, die mense wat so lus was vir vleis, en hulle het die plek genoem “Lus-grafte.”

35. Die volk het van Lus-grafte verder gegaan, en hulle het gekom by die stad Gaserot.

Lees volledige hoofstuk Numeri 11