Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 7:64-70 Bybel vir Almal (ABA)

64. Hierdie families het in die naamlys gesoek, maar hulle kon nie hulle name daar kry nie, en daarom kon hulle nie meer priesters wees nie.

65. Die goewerneur het vir hulle gesê hulle mag nie eet van die hoog-gewyde offers nie. Hulle moes wag totdat ’n priester vir die urim en tummim gevra het wat met hulle moet gebeur.

66. Die mense wat teruggekom het, was almal saam 42 360.

67. Daar was ook nog 7 337 slawe en slavinne, en die 245 mans en vroue wat moes sing.

69. Hulle het 435 kamele en 6 720 donkies gehad.

70. Party van die familiehoofde het presente gebring vir die werk by die tempel. Die goewerneur het 1 000 goue darieke en 50 bakke en rokke vir 530 priesters gegee.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 7