Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 7:62-73 Bybel vir Almal (ABA)

62. Dit was 642 persone van die Delaja-familie, die Tobija-familie en die Nekoda-familie.

63. Die priester-families was: Gobaja, Kos en Barsillai. Barsillai het getrou met ’n dogter van Barsillai van die land Gilead en toe het hy homself ook Barsillai genoem.

64. Hierdie families het in die naamlys gesoek, maar hulle kon nie hulle name daar kry nie, en daarom kon hulle nie meer priesters wees nie.

65. Die goewerneur het vir hulle gesê hulle mag nie eet van die hoog-gewyde offers nie. Hulle moes wag totdat ’n priester vir die urim en tummim gevra het wat met hulle moet gebeur.

66. Die mense wat teruggekom het, was almal saam 42 360.

67. Daar was ook nog 7 337 slawe en slavinne, en die 245 mans en vroue wat moes sing.

69. Hulle het 435 kamele en 6 720 donkies gehad.

70. Party van die familiehoofde het presente gebring vir die werk by die tempel. Die goewerneur het 1 000 goue darieke en 50 bakke en rokke vir 530 priesters gegee.

71. Party van die familiehoofde het 20 000 goue darieke en 2 200 mines silwer gegee.

72. Die ander mense het 20 000 goue darieke, 2 000 mines silwer en rokke vir 67 priesters gegee.

73. Die priesters en die Leviete, die poortwagte en die mense wat moes sing en party van die ander mense het gaan woon in die stede van waar hulle gekom het. Die ander Israeliete het dit ook gedoen.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 7