Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 6:12-19 Bybel vir Almal (ABA)

12. Ek het besef dat God nie vir Semaja gestuur het nie. Semaja het gesê hy het ’n boodskap van God vir my gebring, maar dit was Tobija en Sanballat wat hom betaal het om dit te doen.

13. Hulle het hom betaal om dit vir my te sê. Semaja wou hê dat ek moet skrik en moet doen wat hy sê. As ek in die tempel ingegaan het, dan het ek sonde gedoen en dan het almal sleg gepraat van my.

14. Ek het gebid en gesê: “My God, U moet onthou wat Tobija en Sanballat gedoen het. U moet ook onthou hoe die profeet Noadja en die ander profete probeer het om my bang te maak.”

15. Ons het die muur klaar gebou op die 25ste dag van die maand Elul. Ons het 52 dae lank gewerk.

16. Toe al ons vyande en die mense van al die volke rondom ons dit sien, het hulle moedeloos geword, want hulle het geweet dat God ons gehelp het om hierdie werk klaar te maak.

17. In daardie tyd het Tobija en die belangrike mense van Juda baie briewe vir mekaar gestuur,

18. want baie mense in Juda was familie van Tobija. Hy was ’n skoonseun van Sekanja seun van Arag, en sy seun Jonatan was getroud met ’n dogter van Mesullam seun van Berekja.

19. Hulle het aangehou om vir my te sê dat Tobija ’n baie goeie man is, en hulle het vir hom alles vertel wat ek gesê het. Hy het self ook vir my ’n brief geskryf om my bang te maak.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 6