Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 4:2-11 Bybel vir Almal (ABA)

2. Die ander amptenare en die leër van Samaria het gehoor wat hy sê. Hy het gesê: “Wat doen die Judeërs? Hulle is swak en beteken niks. Wil hulle alles self regmaak? Wil hulle offer? Wil hulle alles op een dag klaarmaak? Wil hulle die klippe wat swart gebrand is, onder die hope grond uithaal? Hulle kan nie dit doen nie.”

3. Die Ammoniet Tobija was langs Sanballat, en hy het gesê: “As hulle dit regkry om die muur te bou, dan sal ’n jakkals dit kan omstamp as hy teen die muur spring.”

4. Ek het gebid en gevra: “Ons God, U moet luister hoe spot hulle ons, U moet hulle vyande vir húlle laat spot. U moet hulle gevangenes laat word in ’n ander land.

5. U moet hulle straf, U moenie hulle sonde vergewe nie, nooit nie, want hulle het ons gespot omdat ons die muur bou.”

6. Ons het aangehou om die muur te bou. Die muur was die helfte so hoog soos hy moes wees, en die mense het fluks gewerk.

7. Sanballat en Tobija en die Arabiere en die Ammoniete en die mense van Asdod het baie kwaad geword toe hulle hoor dat die Judeërs die muur regmaak en dat dit goed gaan met die werk. Hulle het gehoor dat amper al die stukkende plekke in die muur weer reg is.

8. Hulle het saam planne gemaak om oorlog te maak teen Jerusalem en om alles in die stad deurmekaar te maak.

9. Ons het gebid tot ons God en ons het elke dag en nag mense laat wagstaan om te kyk of ons vyande kom.

10. Die Judeërs het gesê: “Die mense wat die klippe moet dra, word moeg, en daar is groot hope grond wat hulle moet wegdra. Ons sal nie die muur klaar kan bou nie.”

11. Ons vyande het vir mekaar gesê: “Ons sal tussen die Judeërs wees en ons sal hulle doodmaak voordat hulle iets sal weet of sal sien. Dan sal die werk kan ophou.”

Lees volledige hoofstuk Nehemia 4