Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 3:23-32 Bybel vir Almal (ABA)

23. Benjamin en Gassub het die stuk oorkant hulle huis reggemaak, en Asarja seun van Maäseja seun van Ananeja het die stuk oorkant sy huis reggemaak.

24. Binnuï seun van Genadad het ’n tweede stuk van die muur reggemaak. Dit was van die huis van Asarja tot by die draai en die hoek van die muur.

25. Palal seun van Usai het die stuk reggemaak oorkant die draai en die toring. Dit is die toring wat uitsteek bokant die boonste paleis wat by die binneplaas van die wagte is. Pedaja seun van Paros

26. en die tempel-slawe wat op die Ofel gewoon het, het die stuk van die muur reggemaak tot by die Water-poort oos van die toring wat uitsteek.

27. Die mense van Tekoa het ook ’n tweede stuk muur reggemaak, dit was van oorkant daardie groot toring tot by die muur van die Ofel.

28. Die priesters het die stuk muur bokant die Perde-poort reggemaak, elkeen het die stuk muur oorkant sy huis reggemaak.

29. Sadok seun van Immer het die stuk muur oorkant sy huis reggemaak. Semaja seun van Sekanja het die volgende stuk reggemaak. Semaja was die wag by die poort oos van die tempel.

30. Gananja seun van Selemja en Ganun, die sesde seun van Salaf, het ook ’n tweede stuk muur reggemaak. Mesullam seun van Berekja het die stuk oorkant sy kamer reggemaak.

31. Malkija, ’n goudsmid, het die stuk muur reggemaak tot by die woonplek van die tempel-slawe en die handelaars. Dit was die stuk muur langs die Wag-poort, tot by die bo-kamer op die hoek van die muur.

32. Die goudsmede en die handelaars het die stuk van die muur tussen die bo-kamer en die Skaap-poort reggemaak.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 3