Ou Testament

Nuwe Testament

Nahum 3:4-9 Bybel vir Almal (ABA)

4. “Nineve, dit sal alles gebeuromdat jy soos ’n prostituut is,’n mooi vrou wat getoor het.Jy het ander mense gevat,en hulle het jou slawe geword.Jy het alles gevat wat hulle het.

5. “Nou is Ek teen jou,”sê die Here wat oor alles regeer.“Ek sal met jou doen soos’n mens met ’n slegte vrou doen:Ek sal jou rok optelsodat die ander volkejou kaal liggaam kan sien.Hulle sal sien jy is ’n slegte vrou.

6. “Ek sal vuilgoed op jou gooi,en die mense sal sleg dink van jou.Hulle sal jou spot.

7. Almal wat jou sien,sal weggaan van jou en sê:‘Nineve is verwoes!’Niemand sal daaroorjammer wees nie.Ek kry niemandwat jou kan troos nie.

8. “Nineve, jy is nie beteras die stad No-Amon nie.No-Amon is langs die Nyl-rivier,en daar is water rondom die stadom die stad te beskerm.

9. In die stad was soldatevan die land Kusen van Egipte en van Puten van Libië,en daarom was No-Amon baie sterk.

Lees volledige hoofstuk Nahum 3