Ou Testament

Nuwe Testament

Nahum 2:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here sê:“Nineve, die vyande sal komen hulle sal julle mense wegjaagna al die kante toe.Julle moet die stad se mure oppasen die pad dophou.Julle moet gereedmaakom oorlog te maak,julle moet al julle soldatebymekaarmaak.

2. Julle het die Israelietese goed weggevaten julle het hulle wingerdstokke verwoes,maar Ek sal die Israelieteweer so sterk maaksoos hulle was.”

3. Julle vyande se skilde is rooi geverf,en hulle klere is rooi.Hulle oorlogkarre blink soos vuur.Hulle wil julle aanval.Die soldate swaai hulle spiese.

4. Die oorlogkarre jaagop die paaie,hulle ry vinnig oor die veld.Hulle blink soos vuurvlamme,hulle is so vinnig soos weerlig.

5. Die koning van Nineveroep sy beste soldateom teen die vyande te veg.Maar wanneer hulle kom,dan val party van hulle.Hulle hardloop na die muurvan die stad,maar die vyande is al buiteby die muuronder ’n skild-dak.

6. Dan maak die vyandedie hekke oop en hulle gaan in,en die mense in die paleishou op om te veg.Die hekke was in die rivierwat deur die stad gevloei het.

Lees volledige hoofstuk Nahum 2