Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 7:9-15 Bybel vir Almal (ABA)

9. Ons het sonde gedoenteen die Here,en daarom sal ons tevrede weeswanneer Hy ons straf.Maar Hy sal ons weer help.Hy sal dit goed laat gaanmet ons.Hy sal die donker wegvaten Hy sal ons na die lig bring.Hy sal ons red.”

10. Die mense van Jerusalem sê:“Ons vyande sal dit sien,en hulle sal nie weetwat om te doen nie.Hulle het vir ons gesê:‘Waar is julle God die Here?Hy help julle nie.’Nou sal ons sienwat met hulle gebeur:Hulle vyande sal op hulle trapsoos hulle op die modderin die strate trap.”

11. Jerusalem, die dag is nabywanneer hulle weerjou mure sal bou.Hulle sal dan nog meer huisein jou bou.

12. Daardie dag sal jou mensena jou toe terugkomuit Assirië en uit Egipte,van die Eufraat-rivieren van oral in die wêreld.

13. Maar in die ander landesal daar nie mense woon nie,want hulle mensehet baie sonde gedoen.

14. Die Here sê:“Jy moet jou volk oppas.Jy moet die skape en bokkewat aan jou behoort, laat wei.Hulle is nou alleen in die bosop Karmel-berg.Hulle moet weer in die landeBasan en Gilead wei,soos lank gelede.”

15. Die Here sê:“Ek sal die volk help.Hulle sal weer wonderwerkesien, soos lank geledetoe julle uit Egipte gekom het.”

Lees volledige hoofstuk Miga 7