Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 7:11-19 Bybel vir Almal (ABA)

11. Jerusalem, die dag is nabywanneer hulle weerjou mure sal bou.Hulle sal dan nog meer huisein jou bou.

12. Daardie dag sal jou mensena jou toe terugkomuit Assirië en uit Egipte,van die Eufraat-rivieren van oral in die wêreld.

13. Maar in die ander landesal daar nie mense woon nie,want hulle mensehet baie sonde gedoen.

14. Die Here sê:“Jy moet jou volk oppas.Jy moet die skape en bokkewat aan jou behoort, laat wei.Hulle is nou alleen in die bosop Karmel-berg.Hulle moet weer in die landeBasan en Gilead wei,soos lank gelede.”

15. Die Here sê:“Ek sal die volk help.Hulle sal weer wonderwerkesien, soos lank geledetoe julle uit Egipte gekom het.”

16. Die volke sal dit sienen hulle sal nie weetwat om te doen nie.Hulle sal niks kan doen nie,hulle sal hulle monde en hulle oretoedruk met hulle hande.

17. Hulle sal stof lek soos slangewat op die grond seil.Hulle sal beween uit hulle wegkruip-plekke komna ons God die Here toe.Hulle sal skrik,hulle sal bang wees vir Hom.

18. Daar is nie nog ’n Godsoos U nie, Here.U vergewe ons sonde.Ons is die mensevan u volk,die mense wat nog lewe.U bly nie altyd kwaad nie,U wil graag lief wees vir ons.

19. U sal weer goed wees vir ons,U sal ons sonde stukkend trapen dit in die see gooi.

Lees volledige hoofstuk Miga 7