Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 7:1-10 Bybel vir Almal (ABA)

1. Dit gaan sleg met my!Dit is soos wanneer die mensedie koring klaar afgesny heten die laaste druiwe gepluk het.Dan is daar nie meer druiweof vye om te eet nie.

2. Daar is niemand in die land wat lewesoos die Here dit wil hê nie.Almal wil mense vermoor,hulle wil mekaar doodmaak.

3. Hulle weet baie goedhoe om verkeerd te doen.Die amptenare en die regtersvra geldwanneer hulle iets moet doen.Die belangrike mense sêwat hulle wil hêen hulle kry dit.Waar hulle is, is alles sleg.

4. Die beste amptenare en regtersis soos ’n bos vol dorings.Dit lyk of hulle reg lewe,maar hulle is sleg.Die dag sal nou kom,die dag wanneer die Herehulle sal straf.Hulle sal nie meer weetwat om te doen nie.

5. Jy kan nie meer glowat jou vriend vir jou sê nie.Jy moet oppaswat jy vir jou vrou sê.

6. Seuns respekteer nie meerhulle pa’s nie,dogters is parmantig met hulle ma’s,en skoondogters methulle skoonma’s.’n Man se eie familie is sy vyande.

7. Maar ek sal wag totdat die Here kom,ek sal wag totdat my God my kom red.My God sal luister na my gebed.

8. Die mense van Jerusalem sê vir hulle vyande:“Julle moenie bly weesomdat dit so sleg gaanmet ons nie.Ons het geval,maar ons sal weer opstaan.Ons sit in die donker,maar die Here is ons lig.

9. Ons het sonde gedoenteen die Here,en daarom sal ons tevrede weeswanneer Hy ons straf.Maar Hy sal ons weer help.Hy sal dit goed laat gaanmet ons.Hy sal die donker wegvaten Hy sal ons na die lig bring.Hy sal ons red.”

10. Die mense van Jerusalem sê:“Ons vyande sal dit sien,en hulle sal nie weetwat om te doen nie.Hulle het vir ons gesê:‘Waar is julle God die Here?Hy help julle nie.’Nou sal ons sienwat met hulle gebeur:Hulle vyande sal op hulle trapsoos hulle op die modderin die strate trap.”

Lees volledige hoofstuk Miga 7