Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 6:1-13 Bybel vir Almal (ABA)

1. Luister wat sê die Here.Julle moet praat met die bergeen die heuwels.

2. Berge, julle is die fondamentevan die aarde,julle moet luister na wat die Here sê,want die Here sê sy volkhet verkeerd gedoen.Hy vra:

3. “My volk, wat het Ekaan julle gedoen wat verkeerd is?Hoe het Ek julle moeg gemaak?Antwoord My!

4. Ek het julle uit Egipte gebring,Ek het julle vrygemaak uit die plekwaar julle slawe was.Ek het gesê Moses en Aäronen Mirjam moet julle lei.

5. “My volk, julle moet onthouwat koning Balak van Moabmet julle wou doenen wat Bileam seun van Beorvir hom gesê het.Julle moet alles onthouwat gebeur hettussen die stede Sittim en Gilgalsodat julle kan weetwat die Here gedoen hetom julle te red.”

6. Julle vra:“Wat moet ek saamneemas ek na die Herese tempel gaan?Waarmee sal ek die Here dien?Die Here is groot.Moet ek brand-offersvir Hom bring?Moet ek vir Hom kalwers offer?

7. Sal die Here houvan 1 000 skaap-ramme,en van 10 000 rivierevol olyf-olie?Moet ek my oudste seun offeromdat ek sonde gedoen het?”

8. Die Here het vir julle gesêwat reg is.Hy wil net hê julle moet doenwat reg is.Julle moet Hom altyd dien.Julle moet gehoorsaam wees aan julle God.

9. Die Here roep die mensevan Jerusalem.Elke mens wat weet wat reg is,moet bang wees vir sy God.Die Here sê:“Luister, koning en almalwat in die stad bymekaar is,

10. julle is ’n klomp slegte mense.Ek hou nie daarvandat julle skelm iswanneer julle iets meet en weeg nie.

11. Ek sien wanneer julle iets weegmet ’n weegskaal wat nie reg weeg nie.

12. Die ryk mense doen slegte dingeaan die arm mense,en almal in die stad liegen bedrieg.

13. “Daarom het Ek klaar beginom julle te strafomdat julle sonde gedoen het.

Lees volledige hoofstuk Miga 6