Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 2:6-13 Bybel vir Almal (ABA)

6. Julle sê ek moenie praat nie,ek moenie so praat nie,dit sal ons nie help nie.

7. Israeliete, julle sê:“Is die Here nou nie meergeduldig met ons nie?Is dit Hy wat hierdie dinge doen?Die Here belowe goeie dingevir mense as hulle reg lewe!”

8. Maar die Here sê:“My volk, julle het lank geledemy vyande geword.Julle vat die klere van mensewat in julle land komen wat dink hulle is veilig by julle.Julle vat ook die klerevan julle soldatewat terugkom van die oorlog.

9. Julle jaag die vroue van my menseuit hulle mooi huise.Julle vat ook die mooi goedwat Ek vir hulle kinders gegee hetom altyd aan hulle te behoort.

10. Julle moet opstaan en begin loop,julle sal nie hier bly nie.Julle het die stad onrein gemaak.Die vyande sal die stad verwoes,heeltemal verwoes.”

11. Hierdie mense wil ’n profeet hêwat lieg en bedrieg.Hulle wil ’n profeet hê wat sê:“Gee vir my wyn en bier,dan sal ek vir julle’n profeet wees.”

12. Julle sê die Here sê:“Israeliete, Ek sal al julle mensebymekaarmaak.Ek sal die mense van Israelwat nog lewe,bymekaarmaak soos skapeen bokke in ’n kraal,soos ’n klomp skape in die veld.Die land sal weer vol mense wees.

13. Ek sal hulle bring uit die landewaar hulle nou is,Ek sal voor hulle loop,en hulle sal weer by Jerusalemse poorte ingaan en uitgaan.Ek is die Here, hulle Koning,Ek sal voor hulle loop,Ek sal hulle lei.”

Lees volledige hoofstuk Miga 2