Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 2:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Dit sal sleg gaan met die mensewat in die nag lê en dinkwatter verkeerde dingehulle kan doenen dit die volgende oggend doen.Hulle dink hulle is sterken hulle mag dit doen.

2. Hulle wil ander mense se grond hêen hulle vat dit,hulle vat ’n man se huis en sy grond.

3. Daarom sê die Here:“Julle is slegte mense.Ek sal julle straf,en niemand sal julle red nie.Julle sal nie meerso hoogmoedig wees nie.Julle sal baie swaar kryin daardie tyd.”

4. Die mense sal daardie dag hoor julle praat oor julleself en julle treur. Julle sal sê:“Die Here het ons swaar gestraf,Hy gee ons goed vir ander mense.Hy vat ons gronden gee dit vir die mensewat ons verraai het.”

5. Ja, wanneer hullein die vergaderingvan die Here se volklootjies trek om te kykwie grond moet kry,dan sal niemand vir jullelootjies trek nie.Julle sal niks kry nie.

6. Julle sê ek moenie praat nie,ek moenie so praat nie,dit sal ons nie help nie.

Lees volledige hoofstuk Miga 2