hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4

Ou Testament

Nuwe Testament

Maleagi 4 Bybel vir Almal (ABA)

Die dag is nou naby

1. Die Here wat oor alles regeer, sê: “Die dag is nou naby, en die dag brand soos ’n vuur. Al die hoogmoedige mense en almal wat verkeerd doen, sal soos kaf wees, en op daardie dag sal hulle verbrand. Daar sal niks van hulle oorbly nie.

2. Maar die son sal skyn oor julle wat My eer. Die son se strale sal julle red en julle gesond maak. Julle sal vry word en rondspring soos kalwers wat genoeg kos gekry het.

3. Op daardie dag wanneer Ek doen wat Ek wil doen, sal julle op die slegte mense trap. Hulle sal wees soos kaf wat verbrand het.”Dit sê die Here wat oor alles regeer.

Ek sal die profeet Elia na julle toe stuur

4. Die Here sê:“Julle moet onthouwat my dienaar Mosesvir julle geleer het.Ek het vir hom al die wette gegeeop Sinai-berg,en die wette is vir al die Israeliete.

5. Maar Ek sal die profeet Eliana julle toe stuurvoordat daardie groot dag van die Herekom,die dag wanneer almal bangsal wees.

6. Elia sal die pa’s en hulle kindersweer bymekaar bring.Hulle sal weer lief weesvir mekaar.As dit nie gebeur nie,dan sal Ek kom om die menseop die aarde te straf.”