Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 8:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Jy moet vir Aäron en sy seuns neem, en die klere, die salf-olie, die bul wat ’n sonde-offer moet wees, die twee skaap-ramme en die mandjie ongesuurde brood.

3. En jy moet die hele volksvergadering laat bymekaarkom by die ingang van die tent waar Ek aan die Israeliete verskyn.”

4. Moses het gedoen wat die Here gesê het. Hy het die volksvergadering laat bymekaarkom by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.

5. Moses het vir die volksvergadering gesê: “Dit is wat die Here vir ons gesê het om te doen.”

6. Daarna het Moses vir Aäron en sy seuns laat nader kom en hy het hulle gewas.

7. Toe het Moses vir Aäron die rok aangetrek, hy het die skouer-serp om Aäron vasgemaak, die bo-kleed om hom gedraai, die skouer-kleed oorgesit en die belt van die skouer-kleed om sy middellyf vasgemaak.

8. Hy het die borssak vasgemaak en hy het die urim en tummim in die borssak gesit.

9. Hy het die tulband op Aäron se kop gesit en voor op die tulband het hy die blom van goud gesit, die gewyde kroon, soos die Here vir Moses gesê het.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 8