Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 6:23-28 Bybel vir Almal (ABA)

23. Elke koring-offer van ’n priester moet heeltemal verbrand word. Hulle mag dit nie eet nie.”

24. Die Here het vir Moses gesê:

25. “Jy moet vir Aäron en sy seuns sê wat hulle met die sonde-offer moet doen. Hulle moet die dier wat die sonde-offer moet wees, voor die Here slag op dieselfde plek waar hulle die diere vir die brand-offer slag. Die sonde-offer is hoog-gewyd.

26. Die priester wat die dier offer om ’n sonde-offer te wees, moet die vleis eet op ’n gewyde plek, op die oop stuk grond by die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.

27. Elkeen wat aan die dier se vleis raak, word gewyd. Wanneer van die dier se bloed op iemand se klere spat, dan moet jy die klere op ’n gewyde plek was.

28. As jy die vleis gekook het in ’n kleipot, dan moet jy die pot breek. As jy dit in ’n brons pot gekook het, dan moet jy die pot skuur en was.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 6