Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 13:24-32 Bybel vir Almal (ABA)

24. “Wanneer iemand ’n brandplek op sy vel het, en dit word ’n pienk seerplek,

25. dan moet die priester na die seerplek kyk. As die hare op die seerplek wit geword het, en as die seerplek lyk of dit dieper is as die vel, dan het die brandplek melaats geword. Die priester moet sê die persoon is onrein, want hy is melaats.

26. As die priester na die seerplek kyk, en die hare op die plek is nie wit nie, en die seerplek is nie dieper as die vel nie en dit is nie meer rooi nie, dan moet die priester die persoon sewe dae lank toesluit.

27. Die priester moet op die sewende dag weer na die seerplek kyk. As die seerplek groter geword het, dan moet die priester sê dat die persoon onrein is, hy is melaats.

28. As die seerplek nie groter geword het nie en dit is nie meer rooi nie, dan is dit die merk wat oorgebly het waar die brandplek was. Die priester moet sê die persoon is rein.

29. “’n Persoon het miskien ’n seerplek aan sy kop of in sy baard.

30. Die priester moet kyk na die seerplek, en as die seerplek dieper is as die vel, en daar is geel, fyn haartjies op die seerplek, dan moet die priester sê die persoon is onrein.

31. Maar as die priester na die seerplek kyk, en dit lyk of die seerplek nie dieper is as die vel nie, maar daar is nie swart hare in die seerplek nie, dan moet die priester die persoon wat die seerplek het, sewe dae lank toesluit.

32. Die priester moet op die sewende dag weer kyk. As die seerplek nie groter geword het nie, en daar is nie geel hare in die seerplek nie, en die seerplek is nie dieper as die vel nie,

Lees volledige hoofstuk Levitikus 13