Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 13:21-26 Bybel vir Almal (ABA)

21. Maar as die priester sien dat die hare op die plek nie wit is nie en dat die seerplek nie dieper is as die vel nie en dat dit dof geword het, dan moet die priester die persoon sewe dae lank toesluit.

22. As die seerplek groter geword het, dan moet die priester sê die persoon is onrein, hy het ’n velsiekte.

23. Maar as die vlek nie groter geword het nie, dan is dit net die plek waar die seerplek voorheen was, en die priester moet sê dat die persoon rein is.

24. “Wanneer iemand ’n brandplek op sy vel het, en dit word ’n pienk seerplek,

25. dan moet die priester na die seerplek kyk. As die hare op die seerplek wit geword het, en as die seerplek lyk of dit dieper is as die vel, dan het die brandplek melaats geword. Die priester moet sê die persoon is onrein, want hy is melaats.

26. As die priester na die seerplek kyk, en die hare op die plek is nie wit nie, en die seerplek is nie dieper as die vel nie en dit is nie meer rooi nie, dan moet die priester die persoon sewe dae lank toesluit.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 13