Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 1:14-17 Bybel vir Almal (ABA)

14. “Wanneer iemand vir die Here ’n voël wil gee om ’n brand-offer te wees, dan moet hy vir die Here ’n tortelduif of ’n makduif gee.

15. Die priester moet die duif na die altaar bring. Hy moet die duif se nek omdraai en hy moet dit op die altaar verbrand. Hy moet die duif se bloed uitdruk teen die kant van die altaar.

16. Daarna moet hy die krop en die vere neem en hy moet dit weggooi, oos van die altaar, op die ashoop.

17. Hy moet die duif se vlerke amper afskeur, maar hy moenie dit heeltemal afskeur nie. Dan moet hy dit heeltemal op die altaar verbrand. Dit is ’n brand-offer, ’n vuur-offer, dit ruik lekker vir die Here.”

Lees volledige hoofstuk Levitikus 1