Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 5:9-18 Bybel vir Almal (ABA)

9. Wanneer ons kos soek in die woestyn,dan wag hulle daar om ons dood te maak.

10. Ons is so honger dat ons siek isen koors het,ons vel is so warm soos ’n oond.

11. Die mense wat oor ons regeer,het ons vroue en ons jongmeisies verkragin Sion en in die stede van Juda.

12. Die mense wat oor ons regeer,het ons amptenare opgehangaan hulle hande,hulle respekteer nie ons leiers nie.

13. Ons jongmanne moet koring maalen ons seuns moet hout drawat te swaar is vir hulle.

14. Ons leiers sit nie meer in die poort nie,ons jongmanne speel nie meer musiek nie.

15. Ons voel nooit bly nie,ons het opgehou om te dans,ons huil en treur.

16. Ons voel nie meer soos konings nie.Dit gaan sleg met ons,want ons het sonde gedoen.

17. Dit is hoekom ons hartseer is,dit is hoekom ons oë dof geword het.

18. Ons is hartseer oor Sionsberg,niemand woon nou daar nie,jakkalse loop nou daar rond.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 5