Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 5:4-8 Bybel vir Almal (ABA)

4. Wanneer ons water wil hê,dan moet ons dit koop,ons moet betaal vir die houtwat ons gebruik.

5. Die mense wat ons jaag,het jukke op ons nekke gesit.Ons is moeg, ons kan nooit rus nie.

6. Ons het ons hande uitgesteek en gesoebatby die Egiptenaars en die Assiriërsom genoeg kos te kry.

7. Dit was ons voorvaders wat sonde gedoen het.Maar hulle is almal dood,en nou is dit óns wat moet swaarkryoor wat húlle verkeerd gedoen het.

8. Die mense wat oor ons regeer,was ook slawe, en daar is niemandwat ons vrymaak van hulle nie.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 5