Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 5:2-12 Bybel vir Almal (ABA)

2. Vreemde mense het ons land gevat,mense uit ander lande woon in ons huise.

3. Ons het geword soos weeskinderswat nie ’n pa het nie,ons is soos kinders wie se ma’n weduwee is.

4. Wanneer ons water wil hê,dan moet ons dit koop,ons moet betaal vir die houtwat ons gebruik.

5. Die mense wat ons jaag,het jukke op ons nekke gesit.Ons is moeg, ons kan nooit rus nie.

6. Ons het ons hande uitgesteek en gesoebatby die Egiptenaars en die Assiriërsom genoeg kos te kry.

7. Dit was ons voorvaders wat sonde gedoen het.Maar hulle is almal dood,en nou is dit óns wat moet swaarkryoor wat húlle verkeerd gedoen het.

8. Die mense wat oor ons regeer,was ook slawe, en daar is niemandwat ons vrymaak van hulle nie.

9. Wanneer ons kos soek in die woestyn,dan wag hulle daar om ons dood te maak.

10. Ons is so honger dat ons siek isen koors het,ons vel is so warm soos ’n oond.

11. Die mense wat oor ons regeer,het ons vroue en ons jongmeisies verkragin Sion en in die stede van Juda.

12. Die mense wat oor ons regeer,het ons amptenare opgehangaan hulle hande,hulle respekteer nie ons leiers nie.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 5