Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 4:1-12 Bybel vir Almal (ABA)

1. Hoekom het dit gebeur?Die goud blink nie meer nie,dit het dof geword.Die goeie goud het verander.Mense het die gewyde edelsteneop die hoeke van die strate weggegooi.

2. Die goeie mense van Sionwas soos goud, hulle was baie spesiaal,maar nou beteken hulle so minsoos die kleipottewat die pottebakker met sy hande maak.

3. Jakkalse laat hulle kleintjies drink,maar my volk is so wreedsoos volstruise in die woestyn.

4. Die babatjies is baie dors,hulle tonge sit vas bo in hulle monde.Hulle vra kos, maar daar is niemandwat vir hulle iets gee nie.

5. Mense wat lekker kos geëet het,sterf nou eensaam op die strate.Mense wat koningsklere gedra het,sit nou op die ashope.

6. My volk het meer sonde gedoenas die mense van die stad Sodom.Die Here het Sodom baie vinnig verwoes,en niemand het sy hand uitgesteekom hulle te help nie.

7. Die leiers in Jerusalemwas skoner as sneeu, witter as melk,hulle liggame was rooier as koraal,hulle was so mooi soos saffier.

8. Maar nou is hulle swarter as roet,niemand ken hulle wanneer hulleop die strate loop nie.Hulle is baie maer,hulle is so droog soos hout.

9. Dit het beter gegaan met mensewat gesterf het in die oorlog,beter as met die mense wat sterf van honger.Die mense het stadig gesterfomdat hulle niks koring afgesny hetom te eet nie.

10. Vroue wat voorheen jammer wasvir hulle kinders,het nou hulle kinders gekook en geëet.Kinders het kos geword toe die vyandemy volk oorwin het.

11. Die Here was kwaad,Hy het nie opgehou om hulle te straf nie.Hy het ’n vuur aangesteek in Jerusalem,en die hele stad het verbrand.

12. Die konings van die aarde,al die mense in die wêreld,het gedink dat vyande nooitdeur die poorte van Jerusalemsou kon kom nie.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 4