hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5

Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 2 Bybel vir Almal (ABA)

Jerusalem, wat kan ek sê om jou te troos?

1. Hoekom het dit gebeur?Die Here was kwaaden Hy het dit donker laat word oor Sion.Israel was trots op die stad,maar die Here het die staduit die hemel neergegooiop die aarde.Hy het nie aan sy tempel gedinkop daardie dag toe Hy kwaadgeword het nie.

2. Die Here was nie jammer vir hulle nie,Hy het al die woonplekke in Jakob verwoes.Hy het die stede van Juda afgebreek,die stede wat sterk mure gehad het.Hy het die koning en sy amptenarehard laat val en Hy het hulle verneder.

3. Hy was baie kwaad,Hy het almal laat sterf wat sterk was in die volk Israel.Hy het hulle nie gehelp teen die vyande nie.Dit was soos ’n vuur wat alles verbrand het.

4. Die Here het soos ’n vyandsy boog se snaar styfgetreken Hy het gereedgestaan.Hy het almal wat mooi was,met sy sterk arm doodgemaakin die woonplekke van Sion.Hy was kwaad,en dit het gebrand soos vuur.

5. Die Here was soos ’n vyand,Hy het Israel verwoes,Hy het al die mooi huise verwoes,Hy het al die sterk mure afgebreek,Hy het baie mense in Judalaat huil en rou.

6. Hy het sy tempel, sy woonplek,plat getrap soos mense ’n tuin plat trap.Hy het die plek verwoeswaar Hy aan sy volk verskyn het.Hy het mense laat vergeetdat die mense van Sion feesteen Sabbatdae gevier het.Hy was kwaad,Hy het die koning en die priesters verneder.

7. Die Here wou nie meer sy eie altaar hê nie,en ook nie sy tempel nie.Hy het die mure van die stad se mooi huisevir die vyande gegee om af te breek.Hulle het in die tempel gaan staan en skreesoos mense op ’n feesdag gedoen het.

8. Die Here het besluit om die mure van Sionaf te breek.Hy het die mure gemeet en Hy hetnie opgehou om dit af te breek nie.Hy het torings en mure laat omvalen Hy het dit saam op die grond laat lê.

9. Die poorte van die stad het omgeval,want die Here het die sluitbalkevan die poorte stukkend gebreek.Die koning en die amptenare van die stadis by ander volke.Daar is nie meer priesters wat vir die mensekan sê wat die Here wil hê nie.Die Here wys ook nie meer vir die profetewat hulle moet sê nie.

10. Die leiers van Sion sit op die grond,hulle praat nie,hulle het stof op hulle koppe gegooien hulle het rouklere aangetrek.Die jongmeisies van Jerusalembuig hulle koppe laag,tot naby die grond.

11. Ek is moeg, want ek het baie gehuil,alles pyn binne-in my.Dit voel of my lewer op die grond wil val,want die Here het my volk stukkend gebreek.Kinders en babas het flou gevalop die oop stukke grond in die stad.

12. Hulle vra vir hulle ma’s:“Waar kan ons brood en wyn kry?”Maar dan val hulle flou soos dooie menseop die oop stukke grond in die stad,of hulle sterf terwyl hulleteen hulle ma’s se borste lê.

13. Jerusalem, wat kan ek sêom jou te troos?Sion, wie kry so swaar soos jy?Hoe kan ek dit vir jou makliker maak?Jou swaarkry is so groot soos die see,wie kan dit beter laat gaan met jou?

14. Jou profete het gesê die Herehet vir hulle dinge gewys,maar hulle het gelieg,hulle het jou bedrieg.Hulle het nie oor jou sonde gepraatsodat jy kon veranderen lewe soos God wil hêen sodat dit dan met jou beter kon gaan nie.Hulle het gesê die Here het vir hulle dinge gesê,maar dit was leuens, hulle het jou bedrieg.

15. Almal wat op die pad verbykom,spot en klap hulle hande oor jou.Hulle fluit en hulle wysdat hulle bly is oor wat gebeur hetmet Jerusalem.Hulle vra:“Is dít die stad wat vir die mensedie mooiste van al die stede was?Is dít die stad waaroor al die mensein die wêreld bly was?”

16. Al jou vyande spog oor wat hullemet jou gedoen het,hulle fluit, hulle byt hard op hulle tande.Hulle sê:“Ons het Jerusalem verwoes,ons het gewag vir hierdie dag,en die dag het gekom, ons het dit gesien.”

17. Die Here het gedoen wat Hy wou doen,Hy het laat gebeur wat Hylank gelede gesê het.Hy het die stad afgebreek,Hy was nie jammer nie.Hy het jou vyande bly gemaakoor wat met jou gebeur het,Hy het hulle sterk gemaak.

18. Jerusalem, jou mure het geskreeen gevra dat die Here hulle moet help.Jou trane moet vloei soos ’n rivier,elke dag en nag.Jy moenie rus nie, jy moenie ophou huil nie.

19. Jy moet opstaan,jy moet aanhou roep in die nag.Wanneer elke wagbeurt begin,dan moet jy vir die Here sê hoe jy voel.Jy moet jou hande uitsteek na Hom toeen jy moet bid dat Hy jou kinders moet laat lewe,jou kinders wat op al die hoeke van die strateflou word omdat hulle honger is.

20. Here, U moet kyk, U moet sienaan wie U dit gedoen het.Wil U hê vroue moet hulle eie kinders eet?Moet die vyande die priesters en die profetevermoor in die tempel?

21. Seuns en ou manne lê saam doodop die strate.My jongmeisies en my jongmannehet gesterf in die oorlog.U het hulle laat sterf toe U kwaad was,U het hulle doodgemaak,U was nie jammer vir hulle nie.

22. U het die vyande van al die kante geroep,U het hulle geroep soos U mense roepom te kom feesvier.Toe die dag van die Here kom,het niemand vry weggekom en weggehardloop nie.My vyande het almal doodgemaakwat hier gebore is en wat hier grootgeword het.