Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 6:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die stad Jerigo was toe. Die poorte was gesluit sodat die Israeliete nie kon inkom nie. Niemand het uit die stad gegaan nie en niemand het ingekom nie.

2. Die Here het vir Josua gesê: “Luister na My, Ek gee Jerigo vir jou, en ook sy koning en sy soldate, julle sal hulle oorwin.

3. Julle moet om die stad loop, almal wat kan oorlog maak. Julle moet ses dae lank elke dag een maal om die stad loop.

4. Sewe priesters moet elkeen ’n ramshoring dra voor die kis. Op die sewende dag moet julle sewe maal om die stad loop terwyl die priesters die ramshorings blaas.

5. Wanneer die priesters die ramshorings lank aanmekaar blaas, en julle hoor dit, dan moet al die manne hard skree om die oorlog te begin. Die muur van die stad sal dan omval, en die manne moet opklim, elkeen moet reguit vorentoe gaan.”

6. Josua seun van Nun het die priesters geroep en hy het vir hulle gesê: “Julle moet die verbondskis dra, en sewe priesters moet elkeen ’n ramshoring dra en hulle moet voor die kis van die Here loop.”

Lees volledige hoofstuk Josua 6