Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 4:21-24 Bybel vir Almal (ABA)

21. en hy het vir die Israeliete gesê: “Wanneer julle kinders eendag vir hulle pa’s vra wat daardie klippe beteken,

22. dan moet julle vir die kinders vertel: ‘Israel het op droë grond oor hierdie Jordaan-rivier gegaan.’

23. Die Here het die water van die Jordaan-rivier laat ophou vloei, sodat julle kon oorgaan. Julle God die Here het dit ook gedoen by die Riet-see. Hy het die see laat ophou vloei sodat ons kon deurgaan.

24. Die Here het dit gedoen sodat al die volke van die aarde moet weet dat die Here sterk is en sodat julle self julle God die Here altyd sal respekteer en dien.”

Lees volledige hoofstuk Josua 4