Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 16:5-8 Bybel vir Almal (ABA)

5. Die grens van die grond van die families in die Efraim-stam gaan van die stad Atrot-Addar in die ooste na die stad Bet-Goron-Bo

6. en dan verder tot teen die see. Van die stad Mikmetat in die noorde draai die grens verby die stad Taänat-Silo na die stad Janoag in die ooste.

7. Van Janoag gaan die grens af na die stede Atarot en Naära, en dan na Jerigo en tot teen die Jordaan-rivier.

8. Van die stad Tappuag gaan die grens wes in die Kana-vallei tot teen die see. Dit is die grond van die families in die Efraim-stam.

Lees volledige hoofstuk Josua 16